Ontsluit jou musiekloopbaan met Sterfabriek se kursusse!

Kies tussen ons toeganklike Musiekbedryf 101-program vir beginners of die volledige Musiekbedryf Meesterklas vir ekspert sukses. Begin vandag en word ’n ster in die Afrikaanse musiekbedryf!

Hoekom ons kursusse?

Ons kursusse is ontwerp om Afrikaanse kunstenaars se sterre, soos jy – of jy 16 of 45 is – te help skitter. Met ons industriekennis, mentors wat saam met top kunstenaars en platemaatskappye werk, en praktiese vaardighede, kry jy die selfvertroue om te skyn. Begin met Vonk vir lae-risiko eerste tree en klim op na Fundamenteel vir volle kennis! 

  • Interaktiewe kursusse
  • Unieke leermetodes
  • Weeklikse aanlynklasse
  • Werksopdragte
  • 24/7 ondersteuning op 'n WhatsApp
Write your awesome label here.
OORSIG

200+ ure van kennis, insig en take. Ons dek die volgende en baie meer...

Beeld en handelsmerke

Liedjieskryf beginsels

Studio, opname en produksie

Gigs, optredes en toere

Platemaatskappye / Onafhanklike kunstenaars

Sosiale media, PR en Bemarking

Industriekennis

Hoe werk finansies in die bedryf

Regsaspekte van die bedryf

MUSIEKBEDRYF MEESTERKLAS:  Die Superster bloudruk vir sukses

Hoe werk dit?

01

Omvattende Kursus

Ons dek elke element van die industrie met praktiese ondervinding en voorbeelde, industrie hacks en werksblaaie om jou te help.
02

Indiepte Stersessies

Onderhoude met al die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf. Van top kunstenaars tot platemaatskappy CEO's, vervaardigers en baie meer.
03

Weeklikse live sessies

Twee live hangouts saam met ons span elke week  en industrie gaste en sterre waar jy vrae kan vra, advies kan kry en jou loopbaan tot die volgende vlak kan vat.


 04

Sterkompas

Jy sal die geleentheid kry om jou musiek voor te lê aan OMRO (Onafhanklike Musiek Resensie Organisasie). Indien OMRO jou goedkeur word jy aan platemaatskappye voorgelê!
“Niemand kan jou belowe dat jy deur hierdie kursus ’n superster gaan word nie. Maar met die kennis en ervaring van die industrie-reuse agter jou, is jou kanse nie soveel beter as jy dit waag nie?”
Nick jordaan

Skop af met MUSIEKBEDRYF 101 - Die grondslag vir jou Musiek loopbaan

Write your awesome label here.
"Ek weet nie of jy iets kry soos 'bad lyrics' nie, dis meer net 'badly presented" 
Hunter Kennedy - Die Heuwels Fantasties / FOKOFPOLISIEKAR
LAAT JOU STER SKYN! 

Steek Jou Musiekvlam Aan vir Slegs R349/maand!

Ons is só opgewonde om jou hier te hê en om hierdie pad saam met jou te stap! Ons is passievol oor Afrikaans, Afrikaanse musiek en die bedryf en kan nie wag om al die kennis in Musiekbedryf 101: Die grondslag vir jou musiek loopbaan met jou te deel nie!

Spring terug in of begin nou met die Musiekbedryf 101 waar jy by die bestes in die bedryf sal leer.

Waaruit bestaan Musiekbedryf 101?

Musiekbedryf 101 betaan uit die volgende elemente. 
  • 1 x Sterklas  PLUS  1 x Industrie-hangout per maand
    Met die maandelikse Sterklas leer jy direk van top kunstenaars en kreatiewe kenners in die Afrikaanse musiekbedryf. Hierdie is nie net lesings nie - dis praktiese, eerlike insigte reg uit die hart van die industrie.

    Die Industrie-hangout is 'n Informele sessie per maand saam met die Sterfabriek mentors waar jy vrae kan vra, perspektief kry, en saam met mede studente leer.

  • 1 x Hoofstuk per kwartaal
    As 'n 101 student gee ons jou elke kwartaal eksklusief toegang tot een hoofstuk van die Fundamentele Kursus. Dit is baie kennis wat jy net hier op jou eie tyd kan opbou. 
  • 2 x Eksklusiewe Onderhoude
    Leer by die industrie-leiers, bekroonde kunstenaars en liedjieskrywers. Hulle vertel regte-wêreld stories oor hoe hulle paadjie gelei het na sukses.

  • Spesiale lede-voordele
    Eerste toegang na selektiewe feeste en events, en ook reuse afslag by Sterfabriek-vennote om jou loopbaan die nodige hupstoot te gee. 

Bou 'n droomloopbaan met die Musiekbedryf Meesterklas - Die Superster bloudruk vir sukses

Write your awesome label here.
"Ek dink partykeer kan ’n mens sien ’n kunstenaar het geen benul wat in die industrie aangaan nie en dit is vir my ’n rooi vlag."
ERNST KLEINHANS, SELECT MUSIEK
LAAT JÓÚ STER SKYN! 

Bou jou sterk fondasie vir slegs R18,950!

Hier grawe ons dieper – jy kry ’n volledige blik op elke faset van die bedryf: van bemarking en bestuur tot regte, kontrakte en kreatiewe prosesse. Met meer as 40 onderhoude met top kunstenaars en kenners neem ons jou agter die skerms van die musiekwêreld.

Hierdie Meesterklas kursus is nie net kennis nie – dis ’n bloudruk vir jou sukses.

Waaruit bestaan Die Musiekbedryf Meesterklas?

Die Meesterklas betaan uit die volgende elemente:
  • 50+ Video Lesse (15 Hoofstukke)
    Elke maand leer jy direk van top kunstenaars en kreatiewe kenners in die Afrikaanse musiekbedryf. Hierdie is nie net lesings nie - dis praktiese, eerlike insigte reg uit die hart van die industrie.


  • 1 x Sterklas per maand

    Elke maand leer jy direk van top kunstenaars en kreatiewe kenners in die Afrikaanse musiekbedryf. Hierdie is nie net lesings nie - dis praktiese, eerlike insigte reg uit die hart van die industrie.

  • Weeklikse Industrie-hangouts
    'n Informele sessie per maand saam met die Sterfabriek mentors waar jy vrae kan vra, perspektief kry, en saam met mede studente leer.
  • 40+ Eksklusiewe onderhoude
    Leer by die industrie-leiers, bekroonde kunstenaars en liedjieskrywers. Hulle vertel regte-wêreld stories oor hoe hulle paadjie gelei het na sukses.

  • Spesiale lede-voordele
    Eerste toegang na selektiewe feeste en events, en ook reuse afslag by Sterfabriek-vennote om jou loopbaan die nodige hupstoot te gee. 

 
Vergelyk ons kursus opsies

MUSIEKBEDRYF 101 - Die grondslag vir jou Musiek loopbaan

R349/maand
Wat jy kry:
  •  Eerste toegang tot selektiewe feeste en events
  •     Eksklusiewe Sterfabriek-student voordele
  • Sterfabriek gemeenskap toegang
  • 1 Sterklas per maand
  • 1 Industrie-hangout per maand
  • 5% Afslag van Sterfabriek vennote
  • 2 Eksklusiewe onderhoude per maand
  • 20% afslag op studio opnames

MUSIEKBEDRYF MEESTERKLAS - Die Superster bloudruk vir sukses


R18 950
Wat jy kry:
  • Eerste teogang tot selektiewe feeste en events
  • Eksklusiewe Sterfabriek-student voordele
  • Sterfabriek gemeenskap toegang
  • Loopbaanbegeleidingsessies
  • Die Meesterklas Kursus
  • Toegang tot vorige Sterklasse
  • 1 Sterklas per maand
  • Weeklikse Industrie-hangouts
  • 15% Afslag van Sterfabriek vennote
  • 40+ Eksklusiewe onderhoude
  • Weeklikse hangouts
  • 30% afslag op studio opnames

Wat die sterre sê

“Leer ken die business my Bru. It's the music BUSINESS. If you want the viral hit, you might get the viral hit, if you are consistant. Maar as jy nie die besigheid verstaan nie, is jy môre weer uit."
eARLY B
"Toe ons begin het, het ek nie regtig geweet wat en waar en hoe nie, Sterfabriek gee vir jou letterlik die kans om presies te leer hoe om by die regte mense uit te kom en jare se wag te spaar. As jy wil weet hoe om jou musiek loopbaan te begin gaan join Sterfabriek se waglys nou."
daniel, Die Piessangskille
"Ek dink partykeer kan ’n mens sien ’n kunstenaar het geen benul wat in die industrie aangaan nie en dit is vir my ’n rooi vlag."
Ernst kleinhans, select musiek
“Moet nooit jou releases rush nie. Nooit. Weet presies seker wat jy wil doen en hoekom jy dit wil doen."
Henco Harmse, Spotify 
"Wat ek vir jong skrywers wil sê is LEES. Daar's baie woorde, en boeke het baie woorde in."
Hunter Kennedy



"Jy moet ’n instrument leer omdat dit goed is vir jou siel, ek dink elke instrument is ’n nuwe taal, en elke taal is nog 'n hoekie van jou siel wat jy nooit ontdek het nie."
danie du toit, spoegwolf

GRATIS: Join ons gratis vir 'n Vonk sessie!

Ons stigters aan die woord

“Ons het nie net ’n kursus saamgestel nie—ons het ons harte, jare se ondervinding en menigte ure se harde werk daarin belê. Ek kan nie wag om te sien hoe Sterfabriek jou help om jou volle potensiaal te ontsluit nie!”
Hugo Ludik
“Alles wat ons met bloed, sweet en trane geleer het, is nou in ’n toeganklike formaat vir jou beskikbaar. Met Sterfabriek kry jy ’n voorsprong op jou reis na die top van die musiekbedryf.”

Nick Jordaan
“Ons deel nie net kennis nie, maar ’n beproefde padkaart om jou drome te verwesenlik. Ek is ongelooflik opgewonde om te sien hoe Sterfabriek jou inspireer en jou help om jou eie musikale legacy te bou!”
James Boland

Gereelde Vrae

Wat is Sterfabriek?

Sterfabriek is ’n aanlyn leerplatform wat jou toerus met alles wat jy moet weet om suksesvol in die musiekbedryf te wees – spesifiek in die Afrikaanse mark. Dit is ontwerp saam met kundiges wat self al groot sukses behaal het, en gee jou ’n kykie agter die skerms van hoe regte loopbane opgebou word.

Wie het Sterfabriek begin?

Sterfabriek is saamgestel deur ervare bedryfspesialiste met jare se ondervinding en toekennings soos Ghoema’s, Sama’s en Aitsa’s. Hierdie kundiges het reeds verskeie nommer een-treffers en suksesvolle projekte in die bedryf agter hulle naam.

Wat leer ek by Sterfabriek?

Jy leer onder meer:
  • Hoe die musiekbedryf in Suid-Afrika werklik werk
  • Hoe om jou brand te bou en bemark
  • Hoe musiekregte, tantième en lisensiëring werk
  • Hoe om musiek professioneel op te neem en te vervaardig
  • Hoe om jouself as kunstenaar te bestuur
  • Wat die verskil maak tussen ’n liedjie wat flop en een wat vlamvat
 
Die inhoud is saamgestel uit meer as 40 video’s en onderhoude met topkunstenaars, vervaardigers en rolspelers.

Vir wie is hierdie kursus bedoel?

Sterfabriek is ideaal vir enige persoon ouer as 16 jaar wat ernstig is oor ‘n musiekloopbaan. Dit is vir kunstenaars, liedjieskrywers, vervaardigers en enigiemand wat wil verstaan hoe die Afrikaanse musiekbedryf funksioneer.

Moet ek reeds ‘n professionele kunstenaar wees om deel te neem?

Nee! Sterfabriek is vir beide beginners en ervare kunstenaars wat hul kennis wil uitbrei en beter wil verstaan hoe om sukses in die musiekbedryf te behaal.

 Is Sterfabriek net vir Afrikaanse kunstenaars?

Hoewel Sterfabriek gefokus is op die Afrikaanse musiekbedryf, is die beginsels wat hier geleer word, toepaslik vir enige kunstenaar. Die inhoud is hoofsaaklik in Afrikaans, maar Engels-sprekendes met ‘n liefde vir Afrikaans sal ook hieruit baat vind.

Hoe werk die “Superster: Die Fundamentele Kursus”?

Die Superster-kursus is ‘n omvattende program wat elke aspek van die musiekbedryf dek. Dit bevat meer as 40 onderhoude met top-kunstenaars en industrie-spesialiste en gee ‘n diepgaande blik op hoe suksesvolle loopbane gebou word.

Hoe lank duur die kursus en hoe word dit aangebied?

Die kursus is selftempo, wat beteken dat jy dit op jou eie tyd kan voltooi. Dit bestaan uit video-lesse, geskrewe materiaal en praktiese wenke. Dit kan enige tyd tussen 6 weke tot 3 maande duur. Dit hang af van hoe vinnig jy deur die materiaal werk. Jy sal wel toegang hê tot die weeklikse hangouts waar jy die heeltyd nuwe goed gaan leer. 

Wat kos Sterfabriek se kursus?

Die volle prys is R29 400, maar as jy op die waglys is, kry jy vroeë toegang teen ’n spesiale bekendstellingsprys van R18 790. Die afslag is slegs geldig vir die volgende 10 dae!

Watter betaalmetodes is beskikbaar?

Betalings gebeur via debiet / kredietkaarte (Visa / Mastercard) op die webtuiste. Alle betalings is veilig en verwerk deur ‘n betroubare diensverskaffer. Kontak ons gerus by leer@sterfabriek.co.za vir alternatiewe betalingsmetodes.

Is daar ‘n afbetalingsplan?

Daar is ‘n afbetalingsplan. Sodra jy op die betalingsbladsy kom gaan dit vir jou verskillende opsies bied. Jy kan ons ook kontak by leer@sterfabriek.co.za vir alternatiewe afbetalingsplanne

Is daar ‘n geld-terug waarborg?

As jy met eerlikheid voel dat jy niks geleer het en geen waarde gekry het nadat jy die volledige kursus en alle werkstukke, sowel as alle onderhoude ten volle deurgewerk het, sal ons ‘n terugbetaling doen. Sien ons terugbetalingsbeleid vir verdere inligting. 

 Is daar enige sertifisering of kwalifikasie na voltooiing?

Ja, deelnemers ontvang ‘n sertifikaat van voltooiing wat wys dat hulle die kursus suksesvol voltooi het en ‘n deeglike begrip van die musiekbedryf verkry het.

 Hoe weet ek of Sterfabriek vir my is?

As jy passievol is oor musiek, ernstig is oor ‘n loopbaan in die industrie, en wil leer hoe die bedryf werklik werk, dan is Sterfabriek perfek vir jou!

Is daar geleenthede vir mentorskap of netwerkvorming?

Ja, Sterfabriek bied nie net opleiding nie, maar skep ook geleenthede vir kunstenaars om te netwerk met mentors en ander professionele persone in die bedryf.

 Wat gebeur nadat ek betaal het?

Jy ontvang onmiddellik ’n e-pos met jou aanmeldbesonderhede en skakel na die leerplatform. Jy kan vanaf 31 Maart 2025 begin leer. 

Hoe kan ek Sterfabriek volg vir nuus en opdaterings?

Volg ons op Instagram, Facebook en YouTube om op hoogte te bly van nuwe inhoud, wenke en geleenthede in die musiekbedryf.

Hoe weet ek dis waarde vir geld?

Jy kry:
  • Meer as 40 diepgaande lesse en onderhoude
  • Kennis van mense wat al suksesvol is
  • Leeftydtoegang tot die inhoud
  • Praktiese wenke wat jy dadelik kan begi toepas
  • Weeklikse hangouts saam met bedryfspesialiste
  • ‘n Sertifikaat van voltooiing
  • ’n Direkte pad na insig wat baie ander eers oor jare leer
  • Die geleentheid om jou werk in te dien aan ‘n onafhanklike raad vir industrie-relevante terugvoer, en die geleentheid om moontlik aan ‘n platemaatskappy voorgestel word. 
 
Sterfabriek gee jou kennis wat letterlik duisende rande en jare se trial-and-error kan spaar.

Kan ek die kursus op my foon doen?

Jy kan dit op jou foon doen, maar ons sal aanbeveel dat jy dit op ‘n rekenaar of tablet doen. Jy het wel internet nodig om die kursus te doen.

 Is die sertifikaat geakkrediteer?

Nee, dis nie ’n formeel geakkrediteerde kursus nie, maar jy ontvang ’n sertifikaat van voltooiing. Die waarde van die kursus lê in die praktiese insigte uit die werklike musiekbedryf – nie in akademiese teorie nie.

 Wat as ek hulp nodig het ná ek aangesluit het?

Ons het ’n ondersteuningspan wat beskikbaar is om jou te help met enige tegniese of administratiewe vrae. Jy is nie alleen nie.

Word ek ’n “Sterfabriek student” vir altyd, of net vir die duur van die kursus?

Sodra jy geregistreer is, is jy deel van die Sterfabriek-netwerk. Jy behou leeftydtoegang tot die inhoud en kan aanhou leer, teruggaan na modules en inskakel by netwerkgeleenthede.

Hoe werk die weeklikse hangouts?

Die hangouts is informele, aanlyn sessies waar jy saam met ander studente en soms met gaste uit die bedryf kan gesels, vrae vra en praktiese insigte kry. Dit bou ’n gevoel van gemeenskap en gee jou direkte toegang tot mentorskap.

Kan ek eers ’n voorskou van die kursus sien voor ek koop?

Ons gee gereeld gratis inhoud en voorskoue op ons sosiale media en via e-pos vir mense op die waglys. Dit sal jou ‘n goeie idee gee van die kwaliteit van die kursus.

Wat maak Sterfabriek anders as ander musiekprogramme of universiteitskursusse?

Sterfabriek is:
  • Prakties, nie akademies nie
  • Gesentreer in die Afrikaanse musiekbedryf
  • Gemaak deur mense wat self suksesvol in die bedryf is
  • Baie meer bekostigbaar as formele studies
  • Flexible en selftempo – jy pas dit in by jou lewe, nie andersom nie

Is daar eksamens of toetse?

Nee, dis nie ‘n akademiese kursus nie. Daar is praktiese werkstukke en aanmoediging om toe te pas wat jy leer, maar geen formele eksamens nie. 

Kan ek ‘n loobaangeleentheid kry via hierdie kursus?

Ja! Dis een van die dinge wat Sterfabriek uniek maak. Aan die einde van die kursus het jy die opsie om ’n finale projek in te dien – dit kan ’n liedjie, konsep of plan wees wat wys wat jy geleer het.
 
Hierdie projek word voorgehou aan ’n onafhanklike beoordelingspaneel wat bestaan uit kundiges en ervare spelers in die musiekbedryf.
 
Die paneel gee jou:
  • Persoonlike, professionele terugvoer
  • Praktiese aanbevelings oor hoe om jou werk te verbeter of aan te bied
  • En die belangrikste: as jou werk uitstaan, word jy aan platemaatskappye voorgelê vir moontlike verdere geleenthede.
 
Dis nie net ’n kursus nie – dis ’n kans om gesien te word.

Wat gebeur as ek agter raak?

Geen probleem nie – die kursus is selftempo. Jy kan elke module voltooi wanneer dit vir jou pas. Die weeklikse hangouts is ekstra – jy mis niks as jy nie altyd kan deelneem nie.

Kan ek dit saam met my kind doen?

Absoluut! As jou kind jonger as 16 is maar ernstig oor musiek, kan julle dit saam doen as ouer-kind span. Dit is ’n wonderlike manier om hulle drome aktief te ondersteun.