Oor Ons

Ontmoet die legendes agter Sterfabriek

SA se top Afrikaanse Musiekbedryf Akademie, gedryf deur top mentors wat werk met al die grootste name in die bedryf!
Ons Missie

Inspirasie, Onderrig en Bemagtiging in Afrikaanse Musiek

By Sterfabriek is ons missie om kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf op hul pad na sukses by te staan, dit makliker te probeer maak deur van ander se lesse te leer en te inspireer. Deur innoverende aanlyn opleiding, praktiese gereedskap en kundige insigte, direk van die grootste name en spelers in die bedryf, streef ons daarna om talent te ontwikkel, loopbane te versnel en studente toe te rus met die kennis en vaardighede om in die Afrikaanse musiekwêreld te floreer.
Ons Span

Ontmoet die span

Hugo Ludik

Stigter / Direkteur


Hugo Ludik het elke groot toekenning in die bedryf deur die verloop van sy loopbaan gewen (ondermeer Ghoemas, SAMAs (South African Music Awards) en vele meer. Hugo is 'n bekroonde liedjieskrywer, gesogte vervaardiger, sanger en kunstenaar met meer as twee dekades se ervaring in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy is lid van die trefferorkes ADAM en stigter en eienaar van Muse Studios.

Hugo en sy span by Muse Studios werk al vir jare saam met van die grootste en mees invloedryke platemaatskappye in die land en het talle van die grootste treffers saam met die grootste name in die bedryf geskryf en vervaardig insluitend Eloff, Barto, Kurt Darren, Early B, Ricus Nel, Tamlyn Wessels en vele meer. Hy is ook 'n mentor vir van die blinkste nuwe talente in die bedryf. Hugo het ook ’n regsgraad, wat sy veelsydigheid en toewyding aan uitnemendheid onderstreep.

Nick Jordaan

Stigter / Direkteur

Nick Jordaan is ’n SAMA (South African Music Awards) bekroonde liedjieskrywer, kunstenaar en sanger met meer as twee dekades se ervaring in die bedryf. As stigter van die Engelse alt-pop groep Rubber Duc en mede-stigter van Afrikaanse band Posduif, het hy ’n massiewe impak op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak.

Nick het talle platinum enkelsnitte onder sy belt en het trefferliedjies saam met vele van die grootste name in die bedryf geskryf insluitend Eloff, Kurt Darren, Ricus Nel, Leah, Barto, Jan Jan Jan en vele meer en het ’n sleutelrol gespeel in die mentorskap van die land se belowendste jong talente en werk nou saam met die land se grootste plate-maatskappye. Hy het ook ’n graad in advertensies en bemarking, wat sy kreatiewe kundigheid verder versterk.

James Boland 

Stigter / Voorsitter

James Boland is ’n SAMA (South African Music Awards) bekroonde liedjieskrywer, sanger en kunstenaar as stigter en hoofsanger van die bekroonde Afrikaanse band Posduif. 
Buiten sy musiekloopbaan is hy ’n suksesvolle entrepreneur en sakeleier met ’n plek op die direksies van verskeie maatskappye insluited 'n ‘Venture Capital’ fonds en as mede-stigter van internasionale tegnologie en finansierings maatskappye.
James het ‘n B.Com in Besigheids Bestuur, Finansieële bestuur en Internasionale Bemarking en kombineer sy kreatiewe talente met sy besigheidsinsig en ondervinding wat hom in beide die musiek- en besigheids wêrelde ‘n unieke perspektief gee wat jou sal help op jou tog na jou eie sterloopbaan.

Janelie Kruger

Besturende direkteur


Met 'n loopbaan wat deur noukeurigheid, kreatiwiteit en 'n passie vir uitnemendheid gekenmerk word, het Janelie al diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap. Sy het 'n hart vir talentontgunning en geniet dit om kunstenaars te sien groei en hulle drome te verwesenlik. Sy het, as bestuurder van Suid-Afrika se topkustenaars sowel as om saam met internasionale kunstenaars te toer, 'n wêreldwye perspektief op die bedryf ontwikkel. Haar visie vir die toekoms is om die Afrikaanse musiekbedryf na nuwe hoogtes te neem deur kunstenaars te bemagtig en ’n blywende impak te maak.

Ilze Dewing

direkteur

Ilze Dewing is 'n dinamiese regs- en finansiële kundige, Ilze beskik oor kwalifikasies as beide 'n Advokaat (BCom LLB, Universiteit van Pretoria) en 'n Geoktrooieerde Rekenmeester (BCompt.Hons (ACC). Hierdie unieke komplementêre vaardighede was deurslaggewend tydens haar entrepreneursreis tot op datum, waar sy verskeie suksesvolle ondernemings beide in Suid Afrika en internationaal gestig het met 'n fokus op tegnologie en finansies. As die langtermyn Groep Finansieele Direkteur van verskeie maatskappye benut sy haar unieke kennis en ondervinding om strategiese groei en innovasie te dryf. Buite haar korporatiewe prestasies het Ilze 'n diep passie om 'n verskil in mense se lewens te maak. Vir die afgelope 7 jaar was sy aktief betrokke in die Afrikaanse musiekenindustrie, waar sy haar sakevernuf kombineer met haar toewyding aan kulturele verryking.

Ken jy iemand met ’n passie vir die Afrikaanse musiekbedryf?
Deel ons kursus met hulle!

Jy kan die hashtag #Sterfabriek gebruik om oor ons op sosiale media te gesels.