Hi,
Welkom Backstage
Waaruit bestaan Vonk?
Moenie uitmis op die volledige Superster-ervaring nie
Hoe Werk Dit: Maak Jou Ster Skyn
-
Groot sukses begin met die moed om klein te begin. Moenie bang wees vir foute maak nie.
Jy kan enige tyd inteken en op jou eie tyd deur die kursus werk. Gaan na die Vonk link op die menu om te begin.- Kyk deur die kursus videos en onderhoude in elke hoofstuk
- Lees die addisionele leesstof wat in elke hoofstuk gelys word
- Voltooi die werkstukke in elke hoofstuk.
- Sluit elke week aan by die Hangouts. Die tyd vir die Hangouts sal gefinaliseer word sodra ons 'n tyd vind wat geskik is vir al ons studente. Hou jou posbus dop. Die uitnodiging vir elke week sal aan jou gestuur word. Alle kommunikasie is onder My Profiel - Posbus.
- Kyk al die onderhoude. Jy kan hierdie na die kursus videos doen of tussen in. Dit sal jou baie addisionele insig gee en is 'n kritiese (en fun) gedeelte van die kursus.
- Aan die einde van die kursus sal jy die geleentheid hê om jou werk en musiek aan OMRO in te dien. Daar is 'n koste van R 2500 wat direk aan OMRO betaalbaar is. Jy hoef nie hierdie te doen nie maar indien jy kies om dit te doen is dit belangrik dat jou werk volledig is. OMRO sal in detail deur jou werkstukke en musiek werk en jy sal 'n verslag met raad kry. Indien OMRO jou goedkeur sal hulle jou aan die groot platemaatskappye voorlê. Die ORMO span is onafhankelik van Sterfabriek en is baie ervare industrie veterane. Hierdie is 'n unieke geleentheid slegs beskikbaar aan Sterfabriek studente. Jy kan meer as een keer jou werk en musiek indien (let wel - die OMRO fooi is betaalbaar per indiening.)
-
Baie Belangrik
Jy doen hierdie vir jou. Maak seker dat jy genoeg tyd spandeer op elke element wat bespreek word en dat jy die raad toepas. Ons is hier om te help. As jy verdere vrae het of hulp nodig het gaan na FAQ & Hulp op die menu of bespreek dit met ons in die weeklikse hangouts.
Ontmoet die span
Die agtergrondspan het onvermoeid gewerk om die verhoog vir jou finale optrede voor te berei!
Hugo Ludik
Stigter / Direkteur
Nick Jordaan
Stigter / Direkteur
James Boland
Stigter / Voorsitter
Janelie Kruger
Besturende Direkteur