STERFABRIEK: Waar drome realiteit word!

    Het jy die talent maar weet nie waar om te begin nie?
    Het jy al alles probeer maar dinge wil net nie vir jou uitwerk nie?
    Jy sien jouself eendag op 'n groot verhoog voor duisende fans wat saam met jou sing maar hoe kom jy daar?

    Sterfabriek wys jou hoe om van jou musiek ’n loopbaan te maak—ons leer jou oor elke deel van die bedryf. Met insider hacks van al die groot name in die industrie wat hulle stories deel soos nog nooit van tevore nie, next-level strategieë en jare se bedryfkennis op 'n skinkbord om jou bo die res laat uitstyg.

    Vergeet die struggle, leer hoe die groot name in die bedryf dit doen, hoe om gigs te kry, geld te maak en jou naam groot te maak.

    As jy bereid is om die werk in te sit wys ons jou hoe - Kom maak jou droom 'n realiteit!

    Onderhoude
    Met alreeds meer as 40 onderhoude (en nuwes elke week) met bedryfsleiers, topkunstenaars en sleutelmense, bied ons jou kosbare insigte in elke hoek van die Afrikaanse musiektoneel.

    Video Lesse
    Meer as 50 video-lesse dek elke aspek van die Afrikaanse musiekbedryf, en bied jou die onmisbare kennis wat jy nodig het om sukses te behaal.

    Jaar Industrie Ervaring
    Met meer as 40 jaar se gesamentlike ondervinding in die musiekbedryf, deel ons onskatbare waardevolle insigte. Daar is geen beter plek om uit beproefde ondervinding te leer nie.
    Write your awesome label here.
    Los jou kontak nommer hier en ons skakel jou so vinnig moontlik terug!

    Gebou met elke vlak musikant in gedagte.

    Maak nie saak waar jy in jou lewe is nie, of jy deur elke dag by die werk veg, diep in jou studies verlore is op universiteit of skool of elke aand gig en jou dae op die pad spandeer jy kan hierdie reis saam met ons in jou eie tyd volg en jou drome 'n werklikheid maak!
    Ek’s besig met my studies, maar ek wil nie my droom op ys sit nie. Sterfabriek pas perfek in my skedule in —dis maklik om te doen, en ek voel vir die eerste keer dat ek my droom regtig kan jaag sonder om my studies op te offer.

    Die "Hustler"

    Ek het ‘n voltydse werk en het vir jare gedink my droom van ‘n musiek loopbaan is iets van die verlede. Maar Sterfabriek het dit weer moontlik gemaak—ek werk deur die dag en bou my loopbaan in musiek saans en oor naweke. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd glo ek weer my droom kan ‘n realiteit wees.

    Die Dromer

    Ek leef vir musiek en gig saans, maar ek het altyd gewonder hoe ek my loopbaan na die volgende vlak kan vat. Sterfabriek gee my die kans om my dae slim te benut—ek leer, beplan, en bou my loopbaan wanneer ek nie op die stage is nie. Dis presies wat ek nodig gehad het.

    Die Werkende
     Musikant

    SUPERSTER is op pad! 

    SUPERSTER is oppad! Sluit nou by ons waglys aan om eerste wees om op hoogte te bly van ons bekendstelling en jou kans in die kollig te kry.
    Thank you!

    Wat die Sterre sê

    “Leer ken die business my Bru. It's the music BUSINESS. If you want the viral hit, you might get the viral hit, if you are consistant. Maar as jy nie die besigheid verstaan nie, is jy môre weer uit."
    eARLY B
    "Toe ons begin het, het ek nie regtig geweet wat en waar en hoe nie, Sterfabriek gee vir jou letterlik die kans om presies te leer hoe om by die regte mense uit te kom en jare se wag te spaar. As jy wil weet hoe om jou musiek loopbaan te begin gaan join Sterfabriek se waglys nou."
    daniel, Die Piessangskille
    "Ek dink partykeer kan ’n mens sien ’n kunstenaar het geen benul wat in die industrie aangaan nie en dit is vir my ’n rooivlag."
    Ernst kleinhans, select musiek
    “Moet nooit jou releases rush nie. Nooit. Weet presies seker wat jy wil doen en hoekom jy dit wil doen."
    Henco Harmse, Spotify 
    "Wat ek vir jong skrywers wil sê is LEES. Daar's baie woorde, en boeke het baie woorde in."
    Hunter Kennedy



    "Jy moet ’n instrument leer omdat dit goed is vir jou siel, ek dink elke instrument is ’n nuwe taal, en elke taal is nog 'n hoekie van jou siel wat jy nooit ontdek het nie."
    danie du toit, spoegwolf

    ‘n Omvattende, maklik-volgbare kursus

    Daar is geen kortpad na ervaring nie maar hierdie kursus is ontwerp om jou reis te versnel.

    Regtewereld, omvattende kursusleerplan

    Ons help jou om die komplekse wêreld van die moderne musiekbedryf met selfvertroue te verstaan. Met hoofstukke wat elke aspek van 'n kustenaar se reis en die bedryf dek, leer ons jou van hoe om jou styl te kies tot wat in studio en op verhoog gebeur.

    Buigsame ure

    Ons aanlyn leerplatform stel jou in staat om klasse op jou eie tyd en teen jou eie pas te voltooi - heeltemal volgens jou skedule. 


    Ons spesialiteit

    Bemagtig jou passie en bou jou legacy! Sterfabriek se materiaal en onderhoude is gebasseer op jare se regtewereld ervaring in die Afrikaanse musiek bedryf. Ons passie is om jou te help om jou drome te help verwesenlik

    Die industrie staan saam met ons!

    Ons werk saam met elke groot en belangrike speler in die bedryf om vir jou insae te bring wat nog nooit beskikbaar was nie! Weeklikse onderhoude met platemaatskappye, die grootste sterre in die bedryf, agente, radio omroepers, fees organiseerders, vocal coaches en soveel meer!

    Laat jou ster skyn! Sluit nou by ons waglys aan!